Wenk 1 – Wees voorbereid

Maak voor jy die badwater intap reeds seker jy het alles byderhand wat jy gaan nodig hê. So sal jy nie halfpad deur die badtyd daardie belangrike room of ander item hoef te gaan soek nie.

Wenk 2 – Verhit die vertrek

Hou jou baba warm en gemaklik tydens badtyd. Plaas vir ’n uur of twee voor badtyd ’n verwarmer op ’n veilige plek in die badkamer. Onthou om die verwarmer uit te prop en te verwyder voor jy jou kind begin bad.

Wenk 3 – Die perfekte temperatuur

Dis ’n goeie gewoonte om eers die koue water in te tap en dan die warm water. Dit verseker dat die water altyd eers koel is en nie vuurwarm nie. Jou baba gaan dalk nie baie van die koel water hou nie, maar dis baie veiliger as kokende water.

Wenk 4 – Kies die regte produkte

Jou baba se vel is sag en delikaat, dus is dit belangrik om produkte te kies wat die teer velletjie beskerm. Gebruik babaprodukte wat dermatologies getoets en pH-gebalanseerd is.

BRON: Krayons