As jy in jou kamer leer, is dit belangrik om dit reg in te rig. Hier is ’n paar brokkies raad:

  • Wees gemaklik maar wakker. Sit by ’n tafel of lessenaar. Sagte rusbanke en beddens kan gemaklik wees, maar jy gaan waarskynlik aan die slaap raak in plaas van studeer.
  • As jy gaan sit om te leer, behoort alles al reg te wees. Werk tyd in jou studierooster in om seker te maak jy het al die notas. Jy kan nie gaan sit en dan nog nie seker wees presies wat jy alles moet studeer nie.
  • Kies ’n tafel wat die regte grootte vir jou is. Maak seker jy kan jou elmboë maklik daarop laat rus. Dit behoor jou êrens tussen jou middel en jou ribbekas te pas as jy sit.
  • Maak seker dat jy net die boeke, notas en eksamenvraestelle wat jy dié dag gaan gebruik byderhand het. Pak die res weg, sodat jou lessenaar en leerarea nie te deurmekaar is nie.
  • Moenie die ligte verdoof nie – dit gaan net die kanse vergroot dat jy aan die slaap sal raak! Skakel saans soveel ligte as moontlik aan, sodat jy alles mooi en duidelik kan sien. Dit is ook ’n goeie idee om op ’n plek te leer wat natuurlike lig het gedurende die dag.
  • Sit jou foon af of in ’n ander kamer. Dit help  nie jy dink jy gaan dit nie gebruik nie, maar jy kan hoor of sien as jy ’n boodskap kry nie!

Soos die eksamen vorder, kan jy dalk moeg raak vir die plek waar jy studeer. Dit kan dalk ’n goeie idee wees om een of twee keer op ’n nuwe plek te studeer. Probeer die volgende plekke:

  • ’n Koffiewinkel. Dit kan dalk ’n ontspanne omgewing wees en jy kan kos en drinkgoed bestel as jy lus is vir so iets. Dit is perfek vir leer in kleiner groepies, met ’n maat, of alleen.
  • Jou skool se studie-area of die plaaslike biblioteek. Dit is goeie plekke om van jou studie-maats te ontmoet en as jy op die skoolgrond is sal jy dalk die erns van die situasie besef. Maar as die geraas jou aandag aftrek, behoort jy te skuif na waar jy meer effektief sal kan werk.
  • Jou kamer is gerieflik. Jy kan die klere dra wat jy wil, gemaklik wees en jou aandag kan nie afgetrek word nie.
  • Kombuise is lekker om te studeer want daar is gewoonlik skoon oppervlaktes en goeie beligting. Maar maak seker daar is nie ’n TV naby nie.