Vir die heel kleintjies (grondslagfase)

  • Maak ’n jassie vir ’n vuurhoutjieboksie deur ’n prentjie op die boksie te plak. (Laat die kinders elkeen hul eie sketsies maak.) Moenie die “vuurstroke” langs die kant toeplak nie! Plak sommer ’n magneet aan die onderkant van die boksie vas sodat pa dit op die yskasdeur kan hou vir die volgende kragonderbreking.  – Ilze Theron Koorts

  • Verf ’n eenvoudige ontwerp (soos ’n gesiggie) of ’n slagspreuk op ’n klip wat pa as ’n papiergewig kan gebruik. – Simone Maree

  • Teken ’n prentjie op ’n kardoessak en vra ma om vir pa ’n stukkie droëwors in die sak te sit. – Megan Nieuwoudt

  • Maak ’n eenvoudige boekmerkie van roomysstokkies of karton.

  • . . . of ’n kaartjie (gaan loer op pinterest vir hope inspirasie)

  • . . . of iets wat hy op die muur kan plak

Graad 3-4

  • Wees kreatief met glasflesse. Verf of plak iets soos “Dis lekker om pa te ken” op die fles en vul dit met sy gunstelinglekkergoed. – Anoniem

. 15e5ebb5572f96b60d4db0b469cfeb69

  • Pak vir pa ’n peuselboksie vir die werk

ca51a13eb3a1bea901b75a399e91d474

  • Maak eenvoudige sleutelhouers deur ’n sketsie te laat lamineer, en ’n sleutelring deur die een hoek te druk.

Graad 5-7

  • Help die kinders om “geskenkbewyse” uit te dink waarmee hulle pa hulp met takies in en om die huis belowe, soos karwas, tuinnatmaak en koffie skink. Doen moeite met die aanbieding van die geskenkbewyse.  – Deidre Worsley

b4049e4f01cb4535952f8a7b55cbd898

  • Maak ’n boekmerk van afvalstukkies leer, lap of karton. – Die Besige Huisvrou

  •  Brand ’n klomp foto’s van die kinders op ’n CD vir pa. Versier die CD se bo-kant met permanente merkers. – Ulmari Venter Daniel

  • Maak ’n jassie vir die koffiebeker wat hy in die motor of by die werk gebruik

dbe12e510799589f904654cc1120bc67

  • Maak vir pa lekker klapperys.

Hierdie resep kom uit ons tydskrif Huisgenoot 100 Beste Resepte: Poedings en Soetgoed. Dis ideaal vir die klaskamer omdat jy nie ’n plaat of stoof daarvoor nodig het nie en selfs die heel kleintjies die metodes sal kan baasraak. Laat die kinders bestanddele deel sodat elkeen net genoeg het om vir pa ’n fles vol klapperysballe te maak.

LEWER SOWAT 70 BALLETJIES

Bereiding: 10 minute

1 blik (397 g) kondensmelk

830 ml versiersuiker, gesif

900 ml klapper

5 ml (1 t) vanieljegeursel

paar druppels pienk koekkleursel

Plaas ’n strook bakpapier op ’n skinkbord.

1 Meng al die bestanddele behalwe die kleursel en roer baie goed. Die mengsel is styf, gebruik dus jou hande

om alles goed te meng.

2 Deel die mengsel in twee dele en kleur die een deel met ’n paar druppels koekkleursel.

Vorm klein balletjies en laat staan dit op die bakpapier tot dit hard word. Bêre in ’n lugdigte houer.