Ek is opsoek na 'n pos naby Villiersdorp (Wes-Kaap). Ek is 'n Grondslagfaseonderwyseres en gee al vir 6 jaar graad 1. Kontak Kylie Loesch by 072 383 4444.

Ek het onderwysgraad vir die intermediêre -en seniorfase. Ek het nog nie ondervinding in die onderwys self opgedoen nie, alhoewel ek proefondervinding agter die rug het. Ek spesialiseer in Afrikaans en sosiale wetenskappe (Geografie). Ek wil graag in die noordelike voorstede van Kaapstad werk. Kontak Renico van Rensburg by 076 935 2200.

Madelein Boshoff is op soek na 'n studentepos vir 2015. Ek is tans 'n derdejaarstudent aan die Noodwes-universitiet. My vakke is lewensoriëntering en tegnologie. Ek het ’n toekening aan die NWU gekry vir top 15% akademiese prestasie op die Puk. Ek het ’n netbalkursus voltooi en speel tans hokkie. Ek het ook ’n landsdienskursus gedoen en is betrokke by talle kultuuraktiwiteite in die koshuis. Kontak Madelein by 0833207995 of stuur ’n e-pos na 23440279@nwu.ac.za.

Ek soek baie graag werk in Potchefstroom, Noordwes. Ek is ’n tweedejaar Unisa-student en het al ’n jaar lank by ’n speelskool in Bothaville gewerk. Ek het ook die babasentrum daar geopen. Ek swot BE.d grondslagfase. Kontak Denize van Staden by 0761097102.

Laumé Kruger is op soek na 'n grondslagfasepos vir 2015 in of rondom Potchefstroom. Stuur vir haar ’n e-pos na laumekruger@gmail.co­m.

Elnita Bruce-Smith het ’n BA-graad in sielkunde en is tans besig NGOS wat sy aanstaande jaar voltooi. Sy is reeds geregistreer by SACE en is op soek na ’n pos op Sasolburg, Vanderbijlpark, of in die Vaalpark-omgewing.

Ansu-Retha Schlechter is op soek na ’n grondslagfase pos in die Oos-rand. Verkieslik Kemptonpark, Edenvale of Bedfordview. Sy het twee jaar ervaring as onderwyseres. Kontak haar by 0833974579.

Chanel Vosloo se leerareas is tegnologie, sosiale wetenskappe en lwensoriëntering. Sy werk tans by ’n hoërskool, maar sal graag by ’n laerskool in Pretoria wil werk. Kontak haar by 079 897 8130.

Ek is opsoek na 'n onderwyspos in Oos-Londen. Kontak Anneke von Moltke by 071 678 7775.

Cheney van den Berg is tans 'n vierdejaar onderwysstudent aan die Universiteit van Pretoria. Sy is besig met my praktiese onderwys kwartaal, maar kan reeds in die vierde kwartaal 'n aflospos aanvaar. Haar leerareas is Afrikaans en lewensoriëntering vir graad 4-9. Kontak haar by 0834881428.

Carol Venter is op soek na 'n onderwys-assistent pos in Pretoria. Stuur vir haar ’n e-pos na carolventerq@gmail.com of skakel haar by 0763147444.

Johandri Kamffer het in 2013 haar BEd Grondslagfase voltooi aan die NWU. Sy is tans besig met B.Ed. Honneurs in Leerderondersteuning en sal einde 2014 klaar wees. Sy is op soek na ’n grondslagfasepos vir Januarie 2015 in die Oos-Vrystaat: Warden, Harrismith, Bethlehem, Vrede, Frankfort, Villiers, of Reitz. Skakel haar by 0722246480.

Nadine Britz soek 'n permanente pos in Pretoria-Oos of Centurion. Ek het ’n BEd graad in wiskunde, honeurs in inklusiewe onderwys, is SACE-geregistreer en het CAPS-opleiding voltooi. Ek werk al vier jaar en is tans graadhoof van graad 2. Ek soek 'n graad 2-pos of enige grondslagfase-pos. Kontak my by 0795916981 of nadinebritz@hotmail.co.za.

Ek is opsoek na 'n pos in die noordelike voorstede van Kaapstad. My naam is Karlien Cilliers. Ek is ’n grondslagfase-onderwyseres en in ’n graad 1-pos. Kontak my by 0814886446.

Nanette Jonker het 16 jaar ondervinding as Afrikaans-onderwyseres. Sy soek ’n pos in Stilbaai, Riversdal, of die Albertinia-omgewing. Sy is tans besig met haar honneurs. Kontak haar by 083 468 3139 of nanettejonker@yahoo.com.

Llonel Abrahams het twee jaar ondervinding in die grondslagfase en is op soek na ’n pos in of om Wellington. Kontak hom by 0838593650 of 0747270973.

Jolandi Prinsloo is op soek na ’n betrekking vir 2015. Sy het ’n gevorderde diploma in sportbestuur en soek werk in Pretoria. Sy kan Afrikaans, geografie en leerondersteuning aanbied en is bereid om by ’n laer- of hoërskool te werk. Kontak haar by 0722048418.

Alicia Liebenberg is 'n 4de jaar intermediêrefase-onderwysstudent met wiskunde en menslike beweginswetenskappe as hoofvakke. Sy kan wiskunde tot graad 9 aanbied en wiskundige geletterdheid tot graad 12. Ek soek asb. 'n departementele pos in Vrystaat of Wes-kaap vanaf 2015 aangesien ek 'n Funza Lushaka beurshouer is. Kontak Alicia by 0731024366 of alicia.liebenberg88@gmail.com.

Pieter Johannes Morkel soek ’n pos as sportorganiseerder vir 2015. Hy wil graag in Brackenfell, Durbanville, Bellville of in die Stellenbosch-omgewing werk. Sy kontakbesonderhede is 0722626181.