’n Hoërskool in Roodepoort is dringend op soek na 'n geskiedenisonderwyser om af te los. Bel die skoolhoof by 082 557 7035.

Laerskool Oos-Driefontein het twee beheerliggaam-vakatures vir onderwysers in die intermediêre fase (graad 4-7). Kontak M. Fourie tydens kantoorure by 018 781 1001/2.

Hoërskool Staatspresident C.R Swart in Pretoria is op soek na ’n onderwyser wat wiskunde gelettertheid vir leerders van graad 10- 12 kan aanbied. Stuur jou aansoek na admin@crswart.co.za .

CVO Kalahari Akademiese Hoërskool op Olifantshoek, Noodr-Kaap, het verskeie vakatures. Onderwysers wat die volgende vakke kan aanbied (in alle fases) word gesoek: Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskappe, besigheidstudies, landbouwetenskappe, verbruikersstudies, rekeningkunde en graad R. Stuur asb. ? CV aan  die skoolhoof by cvokalahari@yahoo.com of kontak die skool direk by 053 331 0766.

Pos beskikbaar by Alra Park Primary, dubbel medium skool. Departmentele pos vir ’n Afrikaans-onderwyser vir graad 6. Die kandidaat moet so gou as moontlik kan begin. SACE-registrasie en eie vervoer word vereis. Kontak meneer D. C. Pillay by 011 819 2100 of e-pos jou CV aan juffrou.yolani@gmail.com

Laerskool Kommando (Brakpan) het ’n departementele pos beskikbaar vanaf 7 Augustus. Graad 4-5 wetenskap en graad 7 tegnologiewetenskap en tegnologie. Dit is 'n Engels medium skool. Aansoekers moet geregistreer wees by SACE. Kontak die skoolhoof, Gert Jacobs, by 011 740 2600/1 vir meer inligting.

Graad 1 Afrikaanse pos beskikbaar by Laerskool Piet Hugo Polokwane vanaf 1 Augustus. Kontak 0761783212 indien jy wil aansoek doen.

Drie grondslagfaseposte (graad 1-3) beskikbaar by Brandovale Primêr (Klipplaat). Aansoekers moet by Sace geregistreer wees. Kontak Mnr. L. Langeveldt by 049 8340121.