Baie familielede kom by ’n kraamkamer aan met baie min of geen wolkleertjies om vir hul nuwe baba aan te trek. Hulle waardeer die mussies wat gratis vir hulle gegee word om saam huis toe te neem opreg.

As jy klaar gebrei het, kan jy jou mussies by enige staatshospitaal gaan indien.

Groottes: 1,4 kg – 1,8 kg / 1,8 kg – 2,5 kg

Lengte: 15 cm / 17cm

Stel op: 90 steke / 90 steke

Materiaal

1 x 25 g bol drie- of vierdraad-babawol

1 paar 3,25 breinaalde

Basiese patroon

Stel vereiste aantal steke op soos bo aangedui.

Brei in dubbelrif tot lengte soos bo vereis.

Verminder ry * Brei steke twee-twee saam, en brei twee steke aweregs saam, herhaal vanaf * tot einde.

Brei ses rye in enkelrif.

Breek ’n lang stuk wol af om deur ’n naald te ryg en trek deur steke.

Werk vas met plat naat.

Maak tossel as jy wil.

(Patroon – Wellington-kinderhospitaal.)

Projek – The Ruth Mailbag Group

joy.coetzee@gmail.com of faks 0865164618

Verwante skakels:

https://groups.google.com/forum/#!forum/the-ruth-mailbag-;

http://groups.yahoo.com/group/TheRuthMailbagGroup/;

http://theruthmailbaggroup.blogspot.com/;

https://www.facebook.com/pages/The-Ruth-Mailbag-Group/153666104700531;

http://www.flickr.com/groups/the-ruth-mailbag-group/;

http://www.ravelry.com/groups/the-ruth-mailbag-group