Die internet gons oor 'n hartroerende foto van 'n pa wat saam met sy seun in die reën loop en 'n sambreel bo-oor sy seuntjie hou terwyl hy natreën.

View post on imgur.com

"Pa's." het die man wat die foto gedeel het eenvoudig onder die foto geskryf. Die pa en seun in die foto is onbekend.

"Sy pa doen meer as om hom net droog te hou. Hy leer hom hoe om ander se behoeftes bo sy eie te plaas," was een van die mees gewilde kommentare op die foto.

"Enige man kan 'n kind hê. Dit neem 'n ware man om 'n Pa te wees," het 'n ander bygevoeg.

Bronne: Imgur