Die reeks poog om die gaping te oorbrug tussen tradisionele boekonderrig en die werklikheid dat baie studente sukkel met leer.

Die video van vyf minute is op YouTube gelaai en verduidelik die beginsel van Bloom se taksonomie op ’n toeganklike manier aan studente. Die video, wat in samewerking met die Universiteit Stellenbosch se Taalsentrum geskep is, is ’n vars en innoverende kykie na konsepte oorleer oordra; dit bring ook studente se aktiewe sosialemediagebruik in. Die video dra by tot gratis leerstof wat op Oxford se Student Zone-platform beskikbaar is.

Die eerste video, wat die eerste van vier gaan wees, fokus op Bloom se taksonomie met ’n met ’n blits-opleidingsessie [crash course] oor Bloom se beginsels, ’n opvoedkundige paradigma wat alles vir studente kan verander.

Die videoreeks benut ook die studentelewe, en kry te doen met opdragte skryf, verwysings en notas neem.

“Om studente vir sukses toe te rus was nog altyd die kern van wat ons doen. Die Student Zone-hulpbron op ons webtuiste is geskep om studente waarlik te help uitblink. Hierdie videoreeks neem alles wat ons doen en neem dit ’n stap verder. Dit is vars, opwindend en in ooreenstemming met die werklikheid van student wees in die inligtingsera.

“Die volgende drie video’s wat tans in die vervaardigingsfase is, is die een oor opdragte skryf, wat binne die volgende twee maande uitgereik gaan word, kort daarna die video oor verwysings en dan gaan die een oor notas neem vroeg volgende jaar uitgereik word. Hierdie bykomende video’s sien ons karakters in hul leerreis,” sê Zelda Rowan, die bemarkingsbestuurder van Oxford University Press Suid-Afrika se hoëronderwys-afdeling.

Kyk hier na die nuwe video oor Bloom se taksonomie:

Kyk na die versameling gratis leerstof op Oxford se Student Zone-blad.