Om te kan lees is een van die basiese maar belangrikste leerervarings waarmee jy as ouer jou kind kan toerus.

Good Morning from the Reading Corner! #readingcornerng

A photo posted by The Reading Corner (@readingcornerng) on

Dit maak dit natuurlik nog moeiliker as jy self nie lief is vir lees nie. Maar deur die ervaring so prettig en genotvol moontlik te maak, kan dit selfs vir jou as ouer ook ’n nuwe liefde en waardering vir die geskrewe woord aanwakker.

daar is meer skatte in boeke as wat daar in al die seerowersbuit op skatkiseiland is(1)

Waar om te begin

Moedig jou kind aan om ’n boek te “lees” selfs nog voor hy kan lees.

Probeer so ver moontlik boeke kies wat handel oor goed waarin jou kind belangstel – of dit nou ruimtetuie, dinosourusse of feeverhale is.

daar is meer skatte in boeke as wat daar in al die seerowersbuit op skatkiseiland is(2)

Gesels met jou kind oor die prentjies in die boeke, selfs oor die etikette op blikkies in die kombuis of elders, om sy woordeskat te help uitbrei. Selfs die ontbytvlokkies-boks kan soggens ’n wonderlike gespreksitem wees. As daar ouer kinders in die gesin is, betrek hulle hierby. Hou die gesprek met jou kind lig en vrolik, maar maak seker julle gesels saam en dat nie net een van julle die praatwerk doen nie. daar is meer skatte in boeke as wat daar in al die seerowersbuit op skatkiseiland is Dit kan ’n betowerende ervaring wees om saam met jou drie- tot sewejarige te lees. Ruim dus ’n gereelde tyd daarvoor in, of dit nou is wanneer jy tuis kom of ná sy badtyd of ’n geskikte stil tyd tussenin. Dis belangrik dat julle dit so ver moontlik elke dag doen.

Hierdie saamleestye hoef nie langer as 10 tot 15 minute op ’n keer te wees nie. En natuurlik – geen televisie- of ander geraas moet inmeng met hierdie spesiale tyd nie. Jy sal gou opmerk of daar ’n gunstelingboek is. Dis heeltemal in orde as jou kind dit weer en weer en weer wil lees. Maar dit beteken nie dis al boek wat beskikbaar moet wees nie; nuwe leesstof bring nuwe woorde en blootstelling.
Terloops, boeke hoef jou nie ’n fortuin uit die sak te jaag nie. Tweedehandse boekwinkels en vlooimarkte is ’n onuitputlike bron vir winskopies. Ruil selfs met jou vriende uit as hulle kinders in dieselfde ouderdomsgroep het. Die tempo waarteen julle lees, veral as jy voorlees, is belangrik. Wees versigtig om nie te vinnig te lees nie. Dit kan tot frustrasie by jou kind lei en selfs ook angstigheid veroorsaak omdat hy nie kan byhou nie.

Wees geduldig wanneer jou kind vir jou lees. Weerhou jouself daarvan om hom in die rede te val as hy woorde verkeerd uitspreek; dit kan sy selfvertroue ondermyn en ’n weersin eerder as ’n liefde vir lees aanwakker.

Laat hom hardop vir jou voorlees. Dit help selfvertroue bou en hy kan hoor hoe die geskrewe woord klink.

As hy met die uitspraak van ’n woord vashaak, moet jy hom kans gee om self die woord uit te werk. Moenie hom aanjaag nie.

As hy vasbrand, kan jy hom aanmoedig deur te vra dat hy weer probeer, of sy aandag op die prentjie te vestig en weer die woord te probeer vind. As dit nie werk nie, kan jy die woord sê en hom vra om dit te herhaal.

Prys hom as hy “groot woorde” baasraak.

Hoe gaan jou kind die proses van lees kan geniet as jy nie lees nie? Trek gerus ’n koerant, tydskrif of boek nader wanneer daar tye is dat jou kind sy boek op sy eie wil “lees”. Daar word nie verniet gesê “woorde wek, voorbeelde trek” nie.

Bronne: bbc.co.uk, owfordowl.co.uk, netmums.com, eworkshop.on.ca

Ook op Huisgenoot.com

Kenners gee raad: Hanteer só kinders se stres en angs

Laat jou sorge verdwyn met dié gratis inkleurprentjies vir volwassenes

Beskerm só jou kind teen ongepaste inhoud op die internet

Oorlewingswenke vir enkelouers