In ’n onlangse studie deur BT (Britse Telekommunikasiediens) met 2 000 deelnemers in die Verenigde Koninkryk is bevind dat 37 persent van ouers verkies om saans hip-hop-liedjies en 13 persent popliedjies vir hul kinders te sing. Maar dis nie net die treffers wat ouers verkies nie. ’n Kwart van ma’s sing ook liedjies uit TV-advertensies en 15 persent van pa’s sing liedjies uit bekende flieks.

Hier is die lys van die gewildste liedjies wat Britse ouers saans vir hul kinders sing:

  1. Moon River, Audrey Hepburn
  2. There Must be an Angel, Eurythmics
  3. Ice Ice Baby, Vanilla Ice
  4. My Way, Frank Sinatra
  5. Islands in the Stream, Dolly Parton
  6. Sing, Ed Sheeran
  7. Sweet Child o’ Mine, Guns ‘n’ Roses
  8. Timber, Pitbull Ft. Kesha
  9. Groovy Kind of Love, Phil Collins
  10. Stay with Me, Sam Smith

Maar daar is steeds plek vir die klassieke wiegeliedjies, al erken twee derdes van ouers dat hulle die woorde verander omdat hulle dit vergeet het of verveeld raak daarmee. Hier is die topdrie:

  1. Humpty-Dumpty
  2. Rock-a-bye Baby
  3. Three Blind Mice

Bronne: btplc.com, metro.co.uk