Die kleuter, Honey-Rae, is 18 maande oud en is gebore met groot rooi merke oor haar regterbeen.

Haar ouers, Adam en Tanya Phillips, het eers alles in hul vermoë gedoen om die merke weg te steek, want hulle wou nie hê hul dogter moes agterkom iets is fout nie of dat mense haar moet aangaap nie.

“Ek en Adam het toe besluit dat ons wil hê Honey-Rae moet spesiaal voel en eerder aan haar geboortemerk moet dink as iets waarop sy trots kan voel,” sê Tanya. “Ons het net geweet ons moet iets doen om te verseker dat Honey-Rae sal weet sy is geliefd.”

Bronne: Twitter, Daily Mail