Jy kan vanjaar vergeet van stapels papiere, deurmekaar boekrakke en take wat in die hoek van jou klaskamer stof opgaar.

Dae van die week

[caption id="attachment_64834" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van Jerilyn Zackary, Jenny Reardon en Katy Philips Foto’s oorgespeld van Jerilyn Zackary, Jenny Reardon en Katy Philips[/caption]

Bêre jou lesnotas en uitdeelstukke volgens dae van die week of maande van die jaar en verseker jy is altyd voorbereid.

Regmerkies

[caption id="attachment_64835" align="aligncenter" width="450"]Foto oorgespeld van Katie Beck Foto oorgespeld van Katie Beck[/caption]

Hou kop met wasgoedpennetjies wanneer jy stapels merkwerk het. Aan die een kant van die wasgoedpennetjie plak jy MERK, en aan die ander kant KLAAR GEMERK. So kan jy dit keer op keer gebruik.

Of gebruik sommer laaitjies om jou merkwerk in te bêre.

[caption id="attachment_64836" align="aligncenter" width="236"]Foto oorgespeld van Bobbie Bickers DeLozier Foto oorgespeld van Bobbie Bickers DeLozier[/caption]

Netjies gerol

[caption id="attachment_64837" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van Katie Beck en Paperblog Foto’s oorgespeld van Katie Beck en Paperblog[/caption]

Hou skryfbehoeftes op jou tafel netjies deur ou toiletrolle in ’n skoenboks te pak of leë blikkies op mekaar te stapel.

Fotogenies

[caption id="attachment_64838" align="aligncenter" width="417"]Foto oorgespeld van Amber Northern Foto oorgespeld van Amber Northern[/caption]

Gebruik ’n foto van elke leerder om sy of haar portefeuljes te organiseer. As jy dit in ’n deursigtige houer bêre, kan jy dit boonop maklik raaksien.

Netheid is aansteeklik

[caption id="attachment_64839" align="aligncenter" width="361"]Foto oorgespeld van Dakota Moone Foto oorgespeld van Dakota Moone[/caption]

Gebruik ’n aansteekbord en skryf jou take vir elke dag en week daarop neer.

Mandjie manjifiek

[caption id="attachment_64840" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van Command, Megan Cooley en Nicole McKenzie Foto’s oorgespeld van Command, Megan Cooley en Nicole McKenzie[/caption]

Gebruik goedkoop plastiekmandjies om enigiets van take tot skryfbehoeftes in te bêre. Boor hulle sommer aan kasdeure vas.

Laai dit in

[caption id="attachment_64841" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van Courtney Massengill, Jerilyn Zackary en Sabrina Johnson Foto’s oorgespeld van Courtney Massengill, Jerilyn Zackary en Sabrina Johnson[/caption]

Hou huiswerk en take in netjiese laaie. Jy kan dit merk met die inhoud of elke leerder of klas se naam.

Kleurwiel

[caption id="attachment_64842" align="aligncenter" width="600"]Foto’s oorgespeld van Really Good Stuff, Katie Hick en Stephanie Grozbean Foto’s oorgespeld van Really Good Stuff, Katie Hick en Stephanie Grozbean[/caption]

Tref met kleur onderskeid tussen vakke, klasse of dae van die week.

Juffrou, ek was afwesig!

[caption id="attachment_64843" align="aligncenter" width="306"]Foto oorgespeld van Samantha Garza Foto oorgespeld van Samantha Garza[/caption]

Bêre jou klasnotas so oulik sodat leerders self kan soek na uitdeelstukke as hulle afwesig was.