. Dan is daar nog die uitgawes en ander gedoentes. Dan is die kinders ook nog daar. Dit is belangrik dat jy nie so meegevoer raak dat jy die behoeftes van die jonger gesinslede vergeet in ’n tyd van die jaar wat hulle as baie opwindend maar ook baie verwarrend kan ervaar nie.

"Dit is die samesyn van die familie”

Dr. Fran Wafish, skryfster van The Self-Aware Parent, het ’n klompie wenke wat jou kan help om die meeste uit die vakansietyd te put. Sy beklemtoon gesinsamehorigheid is die sleutel.

“Anders as wat baie mense dink, is dit nie die geskenke waarna kinders met Kersfees die meeste uitsien nie; dit is die samesyn van die familie,” sê sy.

“Ons onthou nie wat ons as kind in die vakansietyd ‘gekry het’ nie. Wat ons wel onthou, is die familie-etes, die partytjies en die samehorigheid.” Fran, ’n vooraanstaande sielkundige in kindergedrag in Los Angeles, waarsku ook teen onrealistiese verwagtings. “Aanvaar die feit dat angs- en stresvlakke in die vakansie hul toppunt kan bereik. Wees realisties. Waak teen enige persoonlike wens om die vakansie ’n volmaakte, magiese tyd te maak; jy gaan vinnig terugkom aarde toe. Hoe meer ontspanne en toegeeflik jy is, hoe kalmer en gelukkiger gaan jou kind wees.”

“Sit naby die kind wat ekstra steun en leiding nodig het"
Sy benadruk ook roetine en struktuur sal jou kop bo water help hou in die somervakansie, wanneer die kinders se energievlakke “die hoogte inskiet. Struktuur maak kinders kalm,” voeg sy by. “Daar is so baie dinge wat verander in die vakansie, soos familie wat kom kuier, reise en ’n oorvloed van kos en geskenke. Hou dus by dieselfde slaap- en etenstyd.” En wees daar vir jou kinders of die kinders van vriende en familie. “Verwag dat kinders pret sal hê en hulle soms te buite sal gaan,” sê Fran. “Sit naby die kind wat ekstra steun en leiding nodig het om al die oorstimulasie van ekstra geraas, besoekers en die fyn porselein op die eettafel baas te raak.”
“Dankbaarheid en waardering”

Fran sê ook vakansies is die ideale tyd om “dankbaarheid en waardering” aan te moedig. “Leer jou kinders om die gewer van ’n geskenk opreg te bedank. As jou kind kommentaar lewer soos ‘ek hou nie daarvan nie,’ of ‘ek wou iets anders gehad het,’ laat hy/sy dit dadelik regstel. Regstelling is nie ’n verskoning nie. Dit behels net dat jy dieselfde ding om ’n beleefde manier sê.

“Leer kinders om hoflik te reageer as hulle teleurgesteld is met die geskenk wat hulle ontvang het. Laat jou kind sy verbeelding gebruik om te besef hoe dit voel as iemand nie van jou geskenk hou nie, en leer hom sodoende empatie deur middel van welwillendheid.”

Behou egter bo alles ’n humorsin en moenie die vakansietyd so ernstig opneem nie. “Moet jou nie oor kleinighede kwel nie,” sluit Fran af. “Vra jou af watter verskil dit nou eintlik oor ’n jaar gaan maak.”

© Cover Media