Die pa van ’n drie-jarige dogtertjie van Pretoria is in die sop nadat hy sy dogter se onderwysers teen die bors gestamp het, glo omdat dié sy dogter “met twee vingers op haar hand gepiets” het, berig Netwerk24.

Die dogtertjie het na bewering te lank geneem in die badkamer. Die onderwyseres het haar gemaan om vinniger te maak en daarna “aangerand,” beweer die pa.

“Ek het die onderwyseres te lyf gegaan. Ek gee nie om of jy die president is nie.

“Niemand lig ’n hand op vir my kind nie,” het hy aan Netwerk24 gesê.

’n Aanrandingsklag is teen die pa gebring en die onderwyseres is tot verdere kennisgewing geskors.

Lees meer by Netwerk24.

Ook op Netwerk24:

Motoris oorleef aanval op N2 ná hy oor bakstene ry

Enorme styging in bankkoste 'n bitter pil

SuperMa deel ook:

Kenner gee raad: Mag ek iemand anders se kind dissiplineer?

Lyfstraf by die huis: Wat sê die wet?