Naam en ouderdom:

Edward Henry Fritz, 52

Wat en waar onderrig jy?

Ek is skoolhoof by Laerskool Buffeljagsrivier buite Swellendam. Ek onderrig wiskunde en wetenskap vir graad 4-7.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?

Ek glo ek kan 'n verskil maak en ek het 'n passie vir kinders.

Gee 3 wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig:

  1. Maak seker leerders ken hul tafels!
  2. Help kinders om verskillende kombinasies van wiskunde te verstaan en buite die boks te leer dink.
  3. ’n Skoolhoof het nie iets soos ’n naweek nie.

Gee 3 wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad:

  1. Wees innoverend – daar is altyd ’n oplossing. Toe ons skool drie jaar gelede nog klaskamers benodig, het ek gehelp om twee klasse soos boomhuise rondom ’n boom op die skoolterrein te laat bou.
  2. Help kinders om analitiese denkvaardighede te ontwikkel – dit sal hulle in enige vak en beroep help.
  3. Luistervaardighede en geheue-ontwikkeling is ook krities.

Wat is jou gunstelingtegnologie of -boek om in die klas te gebruik?

Oxford: Suksesvolle Wiskunde

Wat motiveer jou (as onderwyser)?

Om elke dag te kan opstaan en met kinders te werk. Daar is onderwysers wat net klas gee, maar vir my gaan dit oor die verskil wat ek in die kind se lewe kan maak.