Naam en ouderdom:

Joline Lawrence (46)

Wat en waar onderrig jy?

Ek is ’n gr. 4-leerkrag aan die Primêre Skool Wespoort in Mitchells Plain.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?

Ek glo ek is ’n gebore onderwyseres. Om met kinders te werk gee jou die beste kans om jong mense te beïnvloed. Om ’n onderwyseres te word was my manier om terug te gee aan my gemeenskap.

Gee 3 wenke aan ander onderwysers wat jou vak of graad onderrig:

  1. Leerders moet al die werk moet doen wat ek hulle gee. Hoe anders gaan jy weet waarmee hulle sukkel?
  2. Gebruik tegnologie waar jy kan. Kinders vind dit dikwels makliker om vergelykings op rekenaars in die laboratorium op te los.
  3. Maak seker leerders het basiese vaardighede soos lees onder die knie, anders rem dit hulle later in hul skoolloopbaan.

Watter raad het jy vir  nuweling-onderwysers in enige vak/graad?

Moenie bang wees om die ekstra myl te loop nie. Gee ekstra klasse as dit moet. Op die oomblik is die klasse so groot dat jy net ’n minuut aan elke kind kan afstaan. Daarom bied ek Vrydae ná skool en Saterdae tot vieruur ekstra wiskunde- en Engels-klasse aan leerders in gr. 4 tot 12.

Wat is jou gunsteling tegnologie of boek om in die klas te gebruik?

Die iPad-laboratorium wat ons skool met die Kopskuifonnies-kompetisie gewen het, het die lewens verander van die meer as 1 000 leerders wat nou blootstelling het aan dié tegnologie. In my klas gebruik ons dit veral om maaltafels onder die knie te kry.

Wat motiveer jou as onderwyser?

Ons het die land se toekomstige dokters, advokate en landdroste in die gemeenskap. Al wat ons moet doen, is hulle ’n kans gee.