Ons onnie van die week glo ’n positiewe houding is die fondasie vir ’n grondslagfase-onderwyser.

Emma Volschenk

Naam en ouderdom

Emma Volschenk, 27

Wat en waar onderrig jy?

Ek is ’n graadeen-onderwyseres by Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?

Dis ’n roeping, my liefde.

Gee 3 wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig

Wees geduldig, spontaan en kreatief!

Gee 3 wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad

Bly positief en gemotiveerd, dan sal die ander dinge in plek val.

Wat is jou gunsteling tegnologie of boek om in die klas te gebruik?

"Big books" – die kinders is mal daaroor.

Wat motiveer jou as onderwyseres?

Die opregtheid van kinders, hulle is altyd eerlik en vergewe en vergeet maklik. Ons kan by hulle leer!