[caption id="attachment_59207" align="aligncenter" width="314"]Karin Joubert saam met een van haar graad 2-leerders Karin Joubert saam met een van haar graad 2-leerders[/caption]

Naam en ouderdom:

Karin Joubert, 68

Wat en waar onderrig jy?

Ek is al sedert 1967 ’n gr. 2-onderwyser by Laerskool Orkney.

Hoekom het jy die onderwys as loopbaan gekies?

My ma was baie jare ’n sub A-juffrou. My tannies, niggies en sussie was ook in die onderwys. Ek het so te sê met die reuk van bordkryt grootgeword. Ek is toe boonop met ’n onderwyser getroud. Ongelukkig is hy al 20 jaar gelede oorlede.

Gee drie wenke vir ander onderwysers wat jou vak/graad onderrig:

  • Wees getrou aan jouself en jou ideale.
  • Moet nooit moed opgee nie.
  • Moet nooit onvoorbereid voor jou klas staan nie.

Gee drie wenke vir nuwe onderwysers in enige vak of graad:

  • Al is jy hoe ver geleerd, wees altyd bereid om te luister na ouer en meer ervare kollegas.
  • Wees altyd bereid om te help waar jy kan.
  • Wees lojaal teenoor jou hoof, kollegas en die belangrikste, die kinders wat aan jou toevertrou is.

Wat is jou gunsteling-tegnologie of -boek om te gebruik?

Die “delete”-knoppie op die rekenaar! Geen meer flaterwater en baie oorskryf nie. Woordeboeke is goeie hulpmiddels.

Wat inspireer jou as onderwyser ná 47 jaar in die onderwys?

Al die glimlaggies op die baie gesiggies waar ook al hulle jou raakloop met ’n “hallo, juffrou Karin!”