Naam en ouderdom:

Sebenzile Mathe-Mohlala, 52.

Wat en waar onderrig jy?

Ek is die skoolhoof by die Katolieke Middelbare Skool Ekwaluseni op Vrede in die Vrystaat.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?|

Nadat ek gr.12 klaargemaak het, het ek ’n beurs gekry om aan die Madadeni-onderwyskollege te studeer. Ek wil leerders bemoedig om deur opvoeding na ’n beter lewe te streef.

Gee drie wenke aan ander onderwysers:

  • Leer leerders om respek te hê vir ander. Dis is waarom ons skool vooruitgaan.
  • Wees bereid om te help waar dit die nodigste is, selfs al beteken dit jy moet jou vrye tyd opoffer om jou leerders se taalvaardighede te verbeter.
  • Onthou dat jy altyd aan diens is.

Gee drie wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad:

  • Onderwys is ’n liefdesdaad. Hou dit altyd in gedagte.
  • Onderrig asof jy God aanbid met wat jy doen.
  • Wees altyd geduldig.

Wat is jou gunsteling-tegnologie of -boek om in die klas te gebruik?

Ek is opgewonde oor die nuwe boeke ter waarde van R20 000 wat ons skool in die Kopskuifonnies-kompetisie gewen het. Ons biblioteek het nie veel boeke nie, so die boeke van Oxford University Press sal beslis ons biblioteek verbeter.

Wat spoor jou aan?

Ek word aangespoor deur die onskuldige blik in kinders se oë wanneer hulle vir jou wag om hulle rigting in die lewe te gee.