[caption id="attachment_65355" align="aligncenter" width="600"]Desember se Kopskuif-onnie, Flora Mashishi, tussen van haar leerders van die Laerskool Krugerpark. Foto: Mduduzi Ndzingi Desember se Kopskuif-onnie, Flora Mashishi, tussen van haar leerders van die Laerskool Krugerpark. Foto: Mduduzi Ndzingi[/caption]

Naam en ouderdom:

Flora Mashishi (38)

Wat en waar onderrig jy?

Ek onderrig Pedi aan die Laerskool Krugerpark op Mokopane (Potgietersrus), Limpopo, vir 860 leerders van gr. 1-7.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?

Ek wou van jongs af ’n onderwyseres word en het in 1997 by Soweto se onderwyskollege ingeskryf. Ek het ’n begeerte gehad om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Gee 3 wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig:

  1. Wees kreatief. Ek gebruik byvoorbeeld liedjies om die aanleer van Pedi prettig en interessant te maak.
  2. Jy moet deursettingsvermoë hê. Die leerders gaan aan die begin dalk huiwerig wees om die taal aan te leer.
  3. Wees geduldig.

Gee 3 wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad:

  1. Moenie moed opgee nie. As jy ’n projek aanpak, maak seker jy voer dit enduit deur.
  2. Wees bereid om te help waar jy kan. Ek leer dikwels op ’n informele manier my kollegas ook Pedi!
  3. Jou werk eindig nie by die skoolhek nie. Wees bereid om ná skool ook leerders te help as hulle dit nodig het.

Wat is jou gunstelingtegnologie of -boek om in die klas te gebruik?

Ek het met die Kopskuifkompetisie ’n skootrekenaar en 20 iPads vir die skool gewen, asook ’n iPad vir my persoonlike gebruik. Ek sien uit daarna om dit ook in die klaskamer te gebruik.

Wat motiveer jou (as onderwyser)?

Dit is my begeerte dat Pedi in hoërskole onderrig word en ek droom om eendag deel van die Laerskool Krugerpark se skoolbestuur te wees.