Naam en ouderdom

Leonie Binsbergen (45)

Wat en waar onderrig jy?

Ek onderrig Engels vir gr. 7-leerders aan die Laerskool Louis Leipoldt.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?

Ek is gebore om ’n onnie te wees!

Gee drie wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig

  • Jy moet goeie dissipline in jou klas handhaaf. Leerders voel veilig in ’n goed gestruktueerde omgewing.
  • Moenie net antwoorde gee nie; lei leerders om self die oplossing te vind.
  • Luister na die leerders; ’n mens kan baie by hulle ook leer.

Gee drie wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad

  • Maak seker dat die leerders presies weet wat jy van hulle verwag, spesifiek met verwysing na dissipline en klaswerk.
  • Leerders moet vrymoedig voel om enige tyd met jou te kom praat, maar moenie hul maatjie wees nie.
  • Onthou dat elke leerder se behoeftes verskil, en elkeen moet daarvolgens hanteer word.

Wat is jou gunstelingtegnologie of -boek om in die klas te gebruik?

Beslis ’n woordeboek!

Wat motiveer jou?

Elke dag moet ’n uitdaging wees om self iets nuuts te leer. Net die gedagte dat ek jong mense vir die toekoms kan toerus, is baie spesiaal.