Melanie du Toit

Naam en ouderdom:

Melanie Du Toit (26)

Wat en waar onderrig jy?

Ek onderrig dramatiese kunste vir hoërskoolleerders by die Karbinna dramaklub by Hoërskool Middelburg in Mpumalanga.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?

Ek wil my passie vir die uitvoerende kunste oordra in jongmense se lewens, ek wil ’n positiewe gesindheid onder hulle saai sodat hulle die kunste as ’n beroepskeuse sal sien en die kunste in ons land sal laat help groei.

Gee 3 wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig

  1. Leerders verstaan die vak beter as hulle dit prakties uitvoer of sien. Leer hoe om hulle korrek te fasaliteer dan sal die praktiese lesse sappige kreatiewe vrugte dra.
  2. Gebruik multimedia!
  3. As jy van die leerders verwag om te 'act' in die klas kan jy nie skaam wees om vir hulle te wys hoe om fisies en vokaal te karakteriseer nie.

Gee 3 wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad

  1. Mens kan streng wees sonder om te skree of gedurig te baklei
  2. As dit nie lyk of jy van jou vak hou nie, gaan die leerders nog minder daarvan hou
  3. Dink soms soos ’n tiener, ouderwetsheid is vervelig. Ons moet saam met die generasies ons manier van dink verander om hulle op te kan opvoed.

Wat is jou gunsteling tegnologie of boek om in die klas te gebruik?

My smart-bord het my lewe en die manier hoe ek lesse aanbied verander. Ek gebruik gereeld YouTube en ViaAfrika se Dramatic Arts gr. 10-12 asook Wadsworth's Anthology of Drama.

Wat motiveer jou as onderwyser?

Dis rêrig dat ek weet elke dag bied iets anders, ’n snaakse sê-ding van een van die leerders of ’n onvoorspelbare skoolgebeurtenis. Ons het ’n wonderlike skoolhoof wat ons toelaat om buiteprojekte aan te pak. Omdat ek weet ek kan steeds hierdie projekte aanpak terwyl ek skoolhou is vir my ’n groot motivering.