Ons onnie van die week is die skoolhoof by Up with Downs op George, ’n skool vir leerders met spesiale behoeftes. Sy motiveer nie net haar leerders nie, haar passie vir die onderwys het ook drie van haar eie kinders aangesteek!

Naam en ouderdom:

Mariëtte Jacobs (55)

Wat en waar onderrig jy?

Ek is die skoolhoof by Up with Downs, George. Dit is ’n skool vir leerders met spesiale behoeftes. Ek onderrig ook gesyferdheid, geletterdheid en lewensvaardighede.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?

Ek het ’n liefde vir kinders en ek wil graag ’n verskil in ander se lewe maak.

Gee 3 wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig:

  1. Onderwysers van gestremde leerders moet baie liefde en geduld hê.
  2. Hou by ’n vaste roetine in die klaskamer.
  3. Pas dissipline konsekwent toe.

Gee 3 wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad:

  1. Wees konsekwent.
  2. Jou ja moet jou ja wees en jou nee jou nee.
  3. Wees altyd voorbereid.

Wat is jou gunsteling tegnologie of boek om in die klas te gebruik?

Ek gebruik graag my iPad, die weerbord en die alfabet!

Wat motiveer jou as onderwyser?

Die geringste vordering in elkeen van my leerders.

Drie van jou kinders is ook in die onderwys. Wat doen hulle?

Jolette (29) is ’n au pair, Lizelle (25) is ’n hoërskoolonderwyseres en Lomari (24) is ’n assistant by Up with Downs.