Naam en ouderdom:

Stephanie Steenkamp (34)

Wat en waar onderrig jy?

Ek onderrig wiskunde en wiskundige geletterdheid aan die Hoërskool Centurion.

Hoekom het jy onderwys as ’n loopbaan gekies?

Die geleentheid om verhoudings te bou soos in ’n klaskamer kry jy nêrens anders nie!

Gee 3 wenke aan kollegas wat ook wiskunde en wiskundige geletterdheid onderrig:

  • Die tye verander; jou onderrigstyl moet ook.
  • Jy kan altyd leer by kollegas, hetsy hulle ouer of jonger as jy is.
  • Soveel mense word gemaak of gebreek deur ’n wiskundeonderwyser. Ons moet onthou hoe ons met kinders werk, het gevolge.

Gee 3 wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad:

  • Moenie toelaat dat negatiwiteit jou kreatiwiteit versmoor nie.
  • Jy is ’n kundige en professionele persoon as dit kom by onderrig, “own it” !  As jy nog nie ’n kundige is nie, werk daaraan.
  • Onthou altyd dat jy met iemand se kosbaarste besitting werk.

Wat is jou gunsteling-tegnologie of -boek om in die klas te gebruik?

Wat het ons voor dataprojektors, rekenaars en Wi-Fi gedoen?! Ek gebruik elke dag Scriblr. Daar is so baie internethulpbronne; so min tyd!

Wat motiveer jou?

Kinders wat blom omdat hulle met ’n bietjie hulp en baie harde werk resultate sien.