Bubbalu Daycare in Brackenfell (Kaapstad) is op soek na ’n voorskoolse onderwyseres vir ’n klas van 26 vierjarige leerders. Die kandidaat moet Afrikaans en Engels magtig wees en sal ’n assistent hê. Minimum kwalifikasie VKO N6 Diploma, salaris is onderhandelbaar. Indien jy belangstel, kontak Elaine van Zyl by 021 982 4646 of stuur ’n e-pos na elaine@bubbaludaycare.co.za

Crystal Park Primary School in Benoni is op soek na ’n graad 1-onderwyser vanaf die tweede kwartaal 2014. Dit is ’n beheerliggaampos. Kontak Trish Hopkinson by 011 969 3608 indien jy belangstel.

Goudwesskool (LSEN) in Carletonville benodig die dienste van ‘n onderwyser(es) in die Seunssentrums (Houtwerk, Motorwerktuigkunde, Sweiswerk, Duikklop en Spuitverf, Tegnologie) of ‘n onderwyser(es) Graad 4-8 akademies. Departementele aanstelling vanaf 1 April 2014.

Vereistes: SACE geregisteer

Skakel die hoof by 0825558402 of e-pos CV na goudwesskool@gmail.com

Die Hoërskool Rietvale in Ritchie (naby Kimberley) is dringend op soek na twee taalonderwysers. Afrikaans, Engels en Setswana. Kontak Anelmie Burger Nel by 0839830352 as jy belangstel.

Hoërskool Die Adelaar in Roodepoort is dringend op soek na 'n onderwyser om Engels aan te bied tot die einde van die kwartaal. Kontak die skoolhoof, Dries Wilters, by 0828728501 indien jy belangstel.

Hoërskool Bergvlam op Nelspruit is dringend op soek na ’n aflosonderwyser vir die res van die eerste kwartaal. Dubbelmedium. Vakke:  EBW graad 9, Besigheidstudies graad 10 en Toerisme graad 10. Studente wat wil proef (PGCE) is welkom om ook van hulle te laat hoor. Kontak vir Yolandie O’Reilley.

Be Sharp Beetles in Northcliff, Johannesburg, is op soek na ’n onderwyseres om musiek en beweging aan te bied. Belangstellendes kan hul CV op die webwerf www.besharpbeetles.co.za oplaai.

Benoni Christian School het twee vakante poste wat dringend gevul moet word. Dit is ’n klein, onafhanklike skool. Die poste is vir Engels Huistaal graad 8-12 en ’n graad 3 pos. Belangstellendes kan die skool skakel by 011 425-5554 of hul CV's stuur na benonichristianschool@iburst.co.za.

Ud-U-College (Vaal) in Vereeniging is dringend op soek na ’n onderwyser wat Engels huistaal, Afrikaans EAT, Tegnologie, Kuns en Kultuur, Lewensoriëntering en Natuurwetenskap vir graad 7-9 kan aanbied. Die kandidaat moet vlot wees in Engels, CAPS-opleiding hê en geregistreer wees by SACE. Stuur jou CV na eduvaal@telkomsa.net of skakel 016 455 1097. Sluitingsdatum is 7 Februarie 2014.