Poste aangebied:

  • Gr. 10-12 IT-pos beskikbaar by die Hoërskool Goudrif. Ons soek dringend iemand. E-pos jou CV so gou moontlik na goudrif@iafrica.co.za
  • Gr. 8- en gr. 9-NS-pos aangebied by die Hoërskool Die Adelaar in Witpoortjie (in die Wes-Rand). E-pos jou CV na adelaarprincipal@telkomsa.net.
  • Gr. R-pos van 1 Januarie 2014 beskikbaar by die Laerskool Wespark. Slegs gekwalifiseerde kandidate kan aansoek doen. Moet Caps-kennis hê van die volgende vakke: English Home Language, Mathematics, Life Skills en FAL (Afrikaans 2de taal). E-pos jou CV na principal@wespark.co.za.

 Poste gevra:

  • ’n Onderwyser wat tans ’n departementele pos in KZN het, wil graag ’n pos in die Wes-, Oos- of Noord-Kaap hê. As ’n oorplasing na ’n departementele pos in ’n ander provinsie nie moontlik is nie, sal sy ’n beheerraadpos oorweeg. Bied tans Sosiale Wetenskappe, Lewensvaardighede, EMS en Afrikaans EAT aan vir gr. 5-7. Kan verskeie sportsoorte afrig (insluitende seunsport) en is meer as bereid om betrokke te raak by buitemuurs en koshuisdiens. Stuur besonderhede aan projekte@huisgenoot.com.
  • Pos gesoek by ’n laerskool of kleuterskool in Pietermaritzburg. Stuur besonderhede aan projekte@huisgenoot.com.