Die insident het verlede Donderdag plaasgevind. Volgens Jessica Shelver van die departement het die twee onderwysers opleiding in noodhulp. Die nooddienste is terselfdertyd na die skool ontbied.

Die skool is op sosiale media geïdentifiseer as Laerskool Wakkerstroom-Oos op Bonnievale.

Jessica het gesê die seun se naam kan nie sonder die toestemming van sy ouers bekend gemaak word nie. Die skool kon nie per telefoon bereik word nie.

Onderwysers en medeleerders kry berading.

“Die Wes-Kaapse onderwysdepartement is hartseer oor die verlies van so ’n jong lewe. Ons medelye gaan uit na die familie en die hele skoolgemeenskap,” het sy gesê.