Sy het haar klas gevra om naamloos die een ding neer te skryf wat hulle wens sy oor hulle geweet het – en die reaksie was sowel roerend as hartseer. Terwyl sy geweet het baie van die leerders kom uit ’n arm agtergrond en kom dikwels honger skool toe, het sy nie besef hulle word ook deur ander ontberings in die gesig gestaar nie. Kyk na van hul openhartige briefies hier onder. Die projek was so suksesvol dat sy baie onderwysers geïnspireer het om ook na hul leerders uit te reik en hul anonieme gedagtes oor hul probleme te kry.

Ek wens my onderwyseres het geweet ek wil universiteit toe gaan.
Ek wens my onderwyseres het geweet ek het nie ’n maat wat met my kan speel nie.
Ek wens my onderwyseres het geweet my leeslys is soms nie onderteken nie, want my ma is nie dikwels by die huis nie.
Ek wens my onderwyseres het geweet ek het nie potlode by die huis om my huiswerk mee te doen nie.

Ek wens my onderwyseres het geweet hoe baie ek my pa mis, want hy is na Meksiko gedeporteer toe ek drie jaar oud was en ek het hom ses jaar gelede laas gesien.

Bronne: Huffington Post, Buzzfeed, Twitter.