Naam en ouderdom:

Doret Schoombie (46)

Wat en waar onderrig jy?

Ek onderrig Natuur- en Skeikunde by Pretoria High School for Girls.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?

Ek het ’n passie vir die wetenskap en hou daarvan om mense te onderrig.

Gee 3 wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig:

  1. Bly passievol oor jou vak.
  2. Lees gereeld oor nuwe ontwikkelings op die fisika- en chemiegebied.
  3. Sorg dat jou leerders Wetenskap verstaan – moenie vir hulle resepte leer nie.

Gee 3 wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad.

  1. Wees altyd baie goed voorbereid vir jou les.
  2. Wees streng in die klas – die leerders is nie jou vriende nie.
  3. Doen voorbeelde saam met die leerders. Dit sal hulle help om te sien hoe jou denkproses werk om die probleem op te los.

Wat is jou gunstelingtegnologie of -boek om in die klas te gebruik?

YouTube-videogrepe.

Wat motiveer jou?

Kinders wat leer en net so passievol oor die wetenskap as ek is.