Naam en ouderdom:

Carla Grobler (30).

Waar gee jy skool en wat onderrig jy?

Ek gee wiskunde, wiskundige geletterdheid en gevorderde wiskunde by die Tyger Valley College in Pretoria.

Hoekom het jy onderwys as ’n loopbaan gekies?

Ek is passievol oor my werk met kinders. Ek geniet dit om hulle in jong volwassenes te sien ontwikkel. Ek koester ook die geleentheid om ’n betekenisvolle invloed op hul lewens te hê.

Gee drie wenke aan ander onderwysers in jou veld.

  • Wees passievol oor die onderwys, want dit word in jou werk weerspieël.
  • Ken jou vak sodat jy weet hoe om elke onderafdeel te onderrig.
  • Wees geduldig en bereid om ekstra moeite te doen vir leerders wat dit nie onmiddellik snap nie.

Gee drie wenke aan nuwe onderwysers:

  • Wees passievol oor jou werk en wys jou geesdrif vir jou vak.
  • Verwag gehaltewerk van jou leerders. As jy tevrede is met gemiddelde werk, is dit wat jy gaan kry.
  • Gebruik jou tyd oordeelkundig. Wees oopkop en bereid om by veranderings aan te pas.

Wat is jou gunsteling-toerusting of -boek in die klaskamer?

Ek geniet dit om klas te gee met ’n rekenaar en projektor. Leerders vind aanklank by tegnologie. As jy wiskundekonsepte wil verduidelik, is ’n witbord en kleurryke Koki-penne koning. Daar is so baie hulpmiddels beskikbaar om in jou lesse te gebruik.