Naam en ouderdom:

Elsa Boshoff (52)

Wat en waar onderrig jy?

Ek onderrig Rekeningkunde van graad 9 tot 12 by die Curro Privaatskool in Durbanville.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?

Ek dink my onderwysers het my geïnspireer.  Ek glo ek “kweek” goeie boekhouers, rekenmeesters en ouditeure.

Gee 3 wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig

  1. Moenie in ’n groef verval nie, probeer nuwe metodes.
  2. Verduidelik “hoekom” en nie net “hoe” nie.
  3. Wees bly oor elke kind wat verbeter en sê dit vir die kind.

Gee 3 wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad:

  1. Werk elke stukkie werk wat die leerders moet doen, eers self deur.
  2. Aanvaar jy gaan foute maak, moenie dit probeer wegsteek nie. Erken dié foute en maak dit reg.
  3. Wees lief vir die kinders – selfs vir die stoutes. Dit verg soms baie selfdissipline!

Wat is jou gunstelingtegnologie of -boek om in die klas te gebruik?

’n Dataprojektor waarmee jy die regte antwoorde op die bord kan vertoon en ’n witbord waarop jy al die berekeninge kan verduidelik.

Wat motiveer jou?

My gesin (ek is mal oor my manne!) en kinders wat “dankie juffrou” sê.