Naam en ouderdom

Riëtte Hugo (65)

Wat en waar onderrig jy?

Ek is die afgelope vyf jaar ’n Engels-onderwyseres by die Hoërskool Stellenberg. Ek het ook 36 jaar lank by Bishops Afrikaans onderrig. Ek is al sedert 1969 ’n onderwyseres!

Hoekom het jy die onderwys as loopbaan gekies?

Soos mej. Jean Brodie in The Prime of Miss Jean Brodie gesê het: “My werk is om jong mense se verstand te help groei!”

Gee drie wenke vir ander Engels-onderwysers:

To Einsten gevra is hoe mens ’n goeie onderwyser word was sy antwoord: Lees sprokiesverhale. Dan lees jy nog sprokies. Wanneer jy dit gedoen het, sal die toorkrag jou wese ingaan en sal jy dit met jong mense wil deel. My drie wenke is dus: Lees, lees, lees!

Gee drie wenke vir nuwe onderwysers in enige vak of graad:

Geniet wat jy doen. Doen dit tot die beste van jou vermoë. Moet dit nie vir die geld doen nie.

Wat is jou gunsteling-tegnologie of -boek om te gebruik?

Toe ek begin skoolhou het, was dit bordkryt en jou stem; nou is daar dataprojektors, witborde en allerlei tegnologie. Deesdae geniet ek dit om vir die tieners te sê om hul spoggerige selfone uit te haal en boeke op die skerms te lees. Ek neem nie selfone af nie; dis ’n waardevolle hulpmiddel vir onderrig! Gebruik dit, moet dit nie verwerp nie.

Wat spoor jou aan?

Die reuse salarispakket . . . jammer, verkeerde antwoord! Die reuse plesier om te sien hoe ’n moeilike kind sy/haar voete vind en suksesvol raak en dan te dink: Ek het ’n aandeel in daardie persoon se lewe gehad. Dis ’n onderwyser se enigste kans op roem!