Naam en ouderdom

Ronelle King (55)

Wat en waar onderrig jy?

Ek is die departementshoof vir wiskunde by die Hoërskool Centurion.

Hoekom het jy onderwys as ’n loopbaan gekies?

Ek is dol oor wiskunde, veral wanneer die “liggies aangaan” by die leerders. Ek wil graag my liefde vir die vak aan hulle oordra.

Gee drie wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig.

1)    Wees te alle tye voorbereid.

2)    Laat die leerders hul leerwerk opsom en neerskryf.

3)    Maak seker die leerders gee die hele tyd aandag, al beteken dit jy moet streng wees.

Gee drie wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak/graad.

1)    Wees altyd voorbereid.

2)    Moenie maats met die leerders probeer wees om gewild te wees nie.

3)    Hou die leerders die hele tyd besig, anders raak hulle stout.

Wat is jou gunsteling- tegnologie of -boek om te gebruik?

Die Scriblr Educator en tablet, wat my bord in ’n interaktiewe witbord verander.

Wat spoor jou aan?

My positiewe ingesteldheid om elke dag my beste in liefde te gee, en sodoende my skeppingsdoel uit te leef.