Sowat 21 000 skooolmeisies, waaronder 717 wat nog op laerskool is, was swanger in die 2013/14 finansiële jaar, het Beeld Maandag berig.

Dit is volgens ’n skriftelike antwoord in parlement van die minister van basiese onderwys in reaksie op vrae deur die Demokratiese Alliansie. Die meeste swangerskappe was in Gauteng (5273) en die Oos-Kaap (4130).

Die Noordwes het die minste gehad (292).

Die meeste swangerskappe op laerskool was in die Oos-Kaap (232) en Gauteng het die meeste swangerskappe op hoërskool (5209).

So lyk die provinsiale syfers (met swangerskappe op laerskool eerste aangedui):

Gauteng: 64, 5209; Oos-Kaap: 232, 3898; Mpumalanga: 130, 3196; KwaZulu-Natal: 84, 2993; Wes-Kaap: 83, 2433; Limpopo: 32, 1009; Vrystaat: 13, 325; Noordwes: 14, 278; Noord-Kaap: 65, 775.

Daar was nie beskikbare syfers vir die aantal leerders wat ná hul swangerskappe teruggekeer het skool toe nie.

Dis die nuus wat enige ma vrees – om te hoor dat jou skoolgaande dogter swanger is. Hoewel dit ’n moeilike situasie is, is die nie die einde van die wêreld nie.

Met jou ondersteuning kan jou dogter nog haar lewe lei en haar volle potensiaal bereik.

Só kan jy jou swanger tiener kan help:

Hou jou woede in toom. Dis natuurlik om kwaad en teleurgesteld te voel. As ouer het jy drome en aspirasies oor jou kind die toekoms wat beslis nie ’n tienerswangerskap ingesluit het nie. Jy het die volste reg om so te voel, maar probeer om jou emosies te beheer.

Jou tiener gaan deur ’n moeilike tyd en het jou ondersteuning nodig. “Die tienerjare is ’n uiters kritieke tydperk in hul emosionele, fisieke en sosiale ontwikkeling,” sê Sharon Paulus, ’n maatskaplike werker by die Parent Centre. “Jou swanger tiener gaan iemand nodig hê om mee te praat, wat sal luister en hulle nie sal veroordeel nie.”

Klik hier vir wenke oor hoe om ’n tienerswangerskap te hanteer: