Fossils for Africa

Die Kaapse paleobioloog prof. Anusuya Chinsamy-Turan het ’n boek gepubliseer wat Afrika se ryk fossiel-erfenis verken.

Fossils for Africa wys hoe belangrik hierdie fossiele is in die ontrafeling van die geskiedenis van die lewe op aarde. Hier in Afrika is daar bewyse van die vroegste spore van die lewe wat ongeveer 3,8 biljoen jaar oud is.

Afrika se fossielrekord hoe die lewe ál komplekser en gediversifiseer geword het. Toegewyde hoofstukke fokus op die ontwikkeling van plante, insekte en die uitstraling van reptiele en soogdiere. ’n Hele hoofstuk is gewy aan die diversiteit van dinosourusse van Afrika.

Die boek sluit af met die vyf massa-uitsterwings wat die aarde se biodiversiteit in die verlede geruk het en oordink die huidige krisis wat die planeet se biodiversiteit in die gesig staar.

Prof. Chinsamy-Turan is die hoof van die departement biologiese wetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is ’n kenner van die mikroskopiese struktuur van die skelet van uitgestorwe en lewende gewerwelde diere.

Sy was deel van die span wetenskaplikes wat onlangs die nuutste toevoeging tot die dinosourus-familie ontdek het – die Changyuraptor yangi. Verlede jaar het sy weggestap met die Wêreldakademie vir Wetenskap (TWAS) se sub-Sahara-prys vir die openbare begrip en gewildmaking van wetenskap.

Die boek gaan van September teen R165 beskikbaar wees.