Die dogtertjie van Barry in Suid-Wallis is met Raynaud se Siekte gediagnoseer. Die siekte laat haar blou word wanneer sy aan die koue blootgestel word. Gracie is genoodsaak om handskoene dra vir ekstra beskerming, net soos haar geliefkoosde karakter Elsa in die Disney-fliek Frozen. "Gracie is absoluut rasend oor Frozen en toe ek sien dat sy nogal 'n bietjie na Elsa lyk, het sy gedink dit is fantasties!

“Die wintermaande is verskriklik,” bieg Laurie.

"As Gracie koud kry, slaan sy kol-kol in blou uit. Dit begin by haar hande, beweeg op teen haar arms, voete, bene en dan haar gesig.”

Sy het "towerhandskoene" wat 95 persent van die hitte terugkaats in haar liggaam. So verduidelik Gracie se ma, Laurie Hughes.

Die siekte beperk Gracie se deelname aan aktiwiteite wat ander kleuters van dieselfde ouderdom moeiteloos doen. Sy mag byvoorbeeld nie roomys eet of baie koue koeldrank of sap te drink nie.

Wanneer sy dit wel buitentoe waag, moet sy verskeie lae termiese klere aantrek: Niks minder nie as twee pare sokkies, 'n mussie en 'n serp – en natuurlik haar "towerhandskoene". Verder moet Laurie Gracie se koors drie keer per dag neem om seker te maak dat die regte temperatuurvlakke gehandhaaf word.

“Die wintermaande is verskriklik,” bieg Laurie.

“Sy kan nie buite gaan speel nie en sy ouer is, kan sy nie roomys of koue kos eet nie, want die oomblik as sy aan iets kouds vat, swel haar hande op.

“Ons huis se verhittingstelsel is deurentyd aangeskakel, en ek het vir haar ’n verhitte kombers gekry wat ook by die motor se sigaretaansteker ingeprop word om haar warm te hou.”

Raynaud se Siekte veroorsaak dat sekere gedeeltes van jou liggaam - soos jou vingers en jou tone - gevoelloos raak van die koue of van stres. By Raynaud se Siekte vernou die klein aartjies wat bloed na jou vel toe vervoer en dit beperk die bloedvloei na die aangetaste dele. Die siekte is nie vir almal stremmend nie, maar dit kan jou lewensgehalte beïnvloed.

Bronne: dailymail.co.uk, telegraph.co.uk, mirror.co.uk, mayoclinic.org