Soms is ’n kind se maagwerkings of naarheid danksy iets onskuldig soos ’n maaltyd wat nie met hul gestel saamstem nie, maar ander kere kan dit op iets lewensgevaarlik dui.

Ons kenner gee raad oor wanneer ouers bekommerd moet wees.

  • Omdat die oorsake van kwaai naarheid of maagwerkings uiteenlopend is, is dit raadsaam om hospitaal toe te gaan as simptome voortduur, sê dr. Timothy Hardcastle, hoof van die Universiteit van KwaZulu-Natal se traumaopleidingsentrum.
  • Maagwerking of braking wat nie geïsoleerd is nie en ure aanhou, is rede tot kommer. “Veral by kinders kan dit dui op siektes soos longontsteking en meningitis.”
  • Hy beveel aan jy hou die sieke gehidreer omdat hy baie vloeistof verloor. ’n Elektrolietaanvulling, wat ’n mens in supermarkte kan koop, is nuttig om ontwatering teen te werk, sê hy.

Nuttige nommers:

  • Landwye gifinligtingsentrum: 0861- 555-777
  • Netcare 911 se noodlyn: 082-911
  • Staatsambulanse: 10177
  • ER24 se noodlyn: 084-124