Hier is ’n paar nuttige apps:

Wiskunde

  • My Script Calculator. Dié app herken jou handskrif sodat jy wiskundige berekeninge op jou iPad kan doen.
  • Math Sheet. ’n App waarmee jy allerhande wiskundige berekeninge kan doen. Dit lyk nes ’n werkboek.
  • Quick Graph. ’n Eenvoudige app waarmee jy vergelykings maklik kan visualiseer.

Tale

  • Writer’s Hat. Hierdie app kom met idees vorendag vir kreatiewe skryfwerk, mondeling en sommer net kreatiewe denke.
  • Shakespeare Pro. ’n Wonderlike app wat al Shakespeare se oorspronklike werk bevat. Leerders kan met behulp van dié app notas met mekaar deel. Karaktersketse en opsommings van elke toneel kan help met eksamenvoorbereiding.
  • English-Afrikaans Dictionary Free. Dié gratis app is ’n vertalende woordeboek wat jy in jou sak kan ronddra.

[caption id="attachment_55564" align="aligncenter" width="600"]Van die apps wat jy kan aflaai is (VLNR): MyScript Calculator, Shakespeare Pro, The elements and Writer's Hat. Van die apps wat jy kan aflaai is (VLNR): MyScript Calculator, Shakespeare Pro, The elements en Writer's Hat.[/caption]

Wetenskappe

  • Anatomy 3D: Organs. Dié app bevat 27 modelle met beskrywings, video’s en talle ander hulpbronne oor die menslike anatomie.
  • The Elements: A Visual Exploration. Blaas nuwe lewe in jou statiese periodieke tabel met dié interaktiewe app.

Rekeningkunde

  • Accounting equation. Dit was nog nooit so maklik om rekeningkunde te leer nie. Eenvoudige rekenkundige transaksies kan aangeteken word met die rekeningkundige vergelyking.
  • Accounting Quiz. Oefen eenvoudige rekeningkundige probleme met dié app. ’n Prettige manier om die basiese beginsels van rekeningkunde onder die knie te kry.