Het jy geweet?

Omdat ’n nuwe ma se liggaam meer energie gebruik namate die borsmelk vervaardig word, sal sy gewig verloor mits sy nie ooreet nie. Dit veroorsaak ook sametrekkings wat die ma se baarmoeder vinniger na sy normale grootte help terugkeer, veral as dit meer as ses maande volgehou word.

Irene Labuschagne, ’n dieetkundige by Nicus, het hierdie gesonde eetplan met opsies voorgestel as ’n voorbeeld van wat nuwe ma’s kan beproef.

ONTBYT

¾-1 k gekookte hawermeel met ½ k laevetmelk en 1 sny volkoringroosterbrood met laevetmargarien en tamatieskywe OF 2 snye volkoringbrood met laevetmargarien en ’n tamatie, ½ k laevetmelk of jogurt of maas.

PEUSELHAPPIE

1 sny volkoringbrood met 2 e grondboontjiebotter OF 1 gekookte eier en 1 k laevetmelk of laevetjogurt of maas.

MIDDAGETE

1 volkoringrolletjie met 1 t laevetmargarien, ½ of 1 blikkie tuna (170 g), tamatieskywe, blaarslaai en 1 t laevetmayonnaise OF 2 snye volkoringbrood met 1 gekookte eier en ’n kleinbordjie met slaai, asook 2 koejawels of 1 lemoen.

PEUSELHAPPIE

2-3 volkoring-kraakbeskuitjies met margarine en 30 g (so groot soos ’n vuurhoutjiedoos) kaas of 1-3 k laevetmaaskaas saam met die kraakbeskuitjies.

AANDETE

1 porsie (120 g) geroosterde hoender/vleis/vis of 1 k gekookte lensies/droë boontjies met 1/3 k gekookte rys, stampmielies, pasta of middelslag gebakte aartappel / 1 k pampoen en ½ k groente soos groenbone, broccoli, spruitkool, blomkool, tamatie, wortels, beet of ander lae-GIgroente.

PEUSELHAPPIE

1 k laevetmelk.