Die ouerskapsorganisasie National Childbirth Trust (NCT) het tussen Maart en April 2016 ’n ondersoek van stapel gestuur waarby meer as 1 500 vroue betrek is.

Die bevindings toon 32 persent van die vroue het probleme ervaar om ’n band te vorm, terwyl nog 12 persent erken het hulle was te skaam om met ’n vroedvrou, huisdokter of gesondheidsorgkundige oor hul bekommernisse te praat.

Dié bevindings is uitgereik om saam te val met die VK se eerste bewusmakingsweek oor babas se geestesgesondheid, wat van 6 tot 10 Junie duur.

Lees ook: Nuwe ma reageer skreeusnaaks toe sy besef sy het ’n seun pleks van ’n dogter gekry

Binding met ’n baba beskryf die emosionele skakeling met ’n ouer – en dit is van belang vir die wyse waarop die baba op stres reageer, asook vir leer- en sosiale vaardighede. Faktore soos nageboortelike depressie en angstigheid kan dikwels inmeng met die bindingsproses tussen die moeder en die baba.

Elizabeth Duff, senior beleidsadviseur by NTC, sê: “Die band tussen ’n baba en sy ouers dien as ‘sjabloon’ wat vorm gee aan die kind se emosies en verhoudings later in sy lewe; dus is dit ’n deurslaggewende proses.

“Ouers wat nie onmiddellik ’n band met hul baba aanvoel nie, ervaar dikwels sterk gevoelens van skuld, skaamte en onbevoegdheid. Ons hoop ons navorsing stel nuwe ouers gerus dat hulle nie alleen is as hulle nie dadelik ’n band vorm nie, en dat die bindingsproses dikwels tyd verg.”

Louise Silverton, direkteur van vroedvroukunde by die Royal College of Midwives se reaksie op die syfers was dat dit kommer wek.

Lees ook: Vyf keer gelukkig! Dié fotosessie met ’n vyfling sal jou hart vermurwe

“Swangerskap, geboorte en die nageboortelike tydperk is vir vroue ’n tyd van groot sielkundige en sosiale verandering terwyl hulle hul nuwe rol as moeder vervul,” het sy verduidelik.

“Hierdie navorsing dra by tot bestaande bewyse van die belangrikheid van die vorming van ’n band met die baba en die uitwerking wat dit kan hê op vroeë verstandelike ontwikkeling en die emosionele welsyn van ’n kleintjie.

Volgens deskundiges by NCT is die goeie nuus dat dit dikwels maklik is vir nuwe ouers om ’n band met hul baba te vorm of te herstel as daar probleme met die bindingsproses bestaan.

Wenke om ’n band met jou baba te vorm

NCT het hierdie wenke uitgereik om ouers te help om met hul baba te bind:

  1. Sosialiseer met ander ouers wat moontlik soortgelyke probleme ervaar ter wille van ondersteuning en vriendskap.
  2. Moedig fisieke nabyheid aan, soos vel-tot-vel-kontak, of masseer die baba saggies.
  3. Kommunikeer met jou baba deur middel van praat, lees of sang.

 © Cover Media

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag

Ma los baba net een aand by pa – vandaar volg een ramp na die ander!

SA pa wat tweeling noodgedwonge langs die pad moes vang, gesels oor daai dag

Waarskuwing! Ouers loop dié winter die grootste gevaar van verkoue en griep