Dis vanjaar al 102 jaar sedert Woodrow Wilson ’n nasionale dag ingestel het om moeders te gedenk. Vandag nog is dit daardie één dag in die jaar waar daar op soveel verskillende maniere hulde aan daardie spesiale mens in jou lewe gebring word: jou ma.

“Moederskap: alle liefde begin en eindig daar,” het die Engelse digter Robert Browning gesê. Waarder woorde as dié word selde gehoor.

GERDA

Maar onthou, Moedersdag moet ook ander vroue in jou lewe insluit wat die rol van ma en wyse raadgewer in jou lewe speel.

Hoeveel keer het jy al jouself in ’n tameletjie bevind en weer jou pad gevind deur waardevolle advies van jou ma te vra of te onthou? Sy’s nie perfek nie; sy verstaan dalk nie altyd nie. Maar sy’s altyd daar vir jou.

my ma se wyse woorde(2)

Die formidabele Maya Angelou het dit so mooi saamgevat: “Om my ma te beskryf, is om oor ’n orkaan in sy volle magtige omvang te skryf. Of die klimmende, vallende kleure van ’n reënboog.”

Dis onmoontlik om ’n ma mooi in woorde vas te vat. Maar deur blyke van liefde, waardering, erkenning en respek word daar ’n onbreekbare band geskep met die mens wat jou raadgewer, troosgenoot en rots in die lewe kan wees.

'n Man moet alles eet, maar nie alles weet(2)Judy Govender se ma het haar geleer om te bid voor sy saans inkruip. “Betaal jou skuld. Kyk mooi na julle mans. Drink vitamien C-aanvullings, knoffel en kelp.”

Sy sê voorts: “Moet haar nooit seermaak nie, behandel haar soos goud. Wie het dan salfies gesmeer toe jy klein was, heelnag opgesit toe jy siek was...honger gely sodat jy kon eet.”

Ouma USE

Dawn Snyman Jacobs bestempel haar 87-jarige ma as haar heldin. “Sy was altyd daar vir my toe ek haar nodig gehad het. Nou’s ek daar vir haar as sy my nodig het.”

 dawn ma

“Wees altyd jouself en praat altyd die waarheid!” Dis die raad wat Yolanda Strauss by haar ma gekry het, en vandag nog volg.

rok langer

Gesina Fourie sê sy het “die beste moeder ooit met haar sagte hart maar ferm wanneer dit moes.”

Sy het my altyd geleer om te vergewe en te vergeet, soos die skrif sê: 70 x 7 per dag moet jy iemand vergewe. En jy gaan slaap nooit met ’n vuil kombuis nie, enigiets kan in die nag gebeur en dan moet dit skoon wees.

[caption id="attachment_125168" align="aligncenter" width="600"]Gesina en haar ma wat haar geleer het om 70 x 7 keer te vergewe. Gesina en haar ma wat haar geleer het om 70 x 7 keer te vergewe.[/caption]

Essie Henstock  se ma het haar hierdie raad gegee:

1. Moet nooit kwaad gaan slaap nie.

2. “Ek is lief vir jou” moet die laaste woorde wees wanneer jy die huis verlaat.

3. Leer uit jou en ander se foute

4. Bid vir jou man en kinders

my ma se wyse woorde(3)

Nellie Naleigh Brits vertel haar ma se raad was: “Kyk hoe lyk ’n vrou se vadoeke en jy sal weet hoe skoon sy is in haar huis en veral in haar kombuis.”

my ma se wyse woorde

Debbie de Kock se herinnering aan haar laaste kuiertjie saam met haar ma by Sedgefield lui: “My ma het gesê sy gaan my die seedans leer; sy’t ons geleer om ons lewens ten volle uit te leef en die klein dingetjies wat geld nie kan koop nie, te waardeer."

[caption id="attachment_125169" align="aligncenter" width="600"]Debbie het hierdie spesiale oomblik met haar ma op Huisgenoot se Facebookblad gedeel. Debbie het hierdie spesiale oomblik met haar ma op Huisgenoot se Facebookblad gedeel.[/caption]

Twee spesiale snitte vir almal wat ’n ma is:

Kurt Darren - Medalje Vir Ma

Manie Jackson - Dorings vir Ma

Klik hier vir nog wonderlike huldeblyke aan moeders deur ons lesers.

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Hulle gil, skree en baklei in hul slaap!’: Kenners gee raad as jou geliefdes aan vreesaanvalle snags ly

Nutella, Nike, Huawei: handelsname wat jy waarskynlik al die tyd verkeerd uitspreek

Sadag-hulplyn: Dis hoe ’n vriendelike, empatiese stem aan die ander kant van ’n telefoonlyn iemand se lewe kan red

Kry só daardie salarisverhoging wat jy al lank voor wens

Kenners gee raad: Hanteer só kinders se stres en angs

Dis dalk die geheim wat sal help dat jou baba vinniger leer praat