Terwyl meeste verwagtende mammas daarna uitsien om vir twee te eet, het ’n Amerikaanse model haar lyf so eksieperfeksie gehou dat jy skaars kan agterkom dat daar ’n kleinding in haar maag is, ten spyte daarvan dat sy binnekort kraam.

9 months next week Time is flying by... so excited to meet him (Tan: @bondisands)

A photo posted by SARAH STAGE (@sarahstage) on
Ontmoet die 30-jarige Sarah Stage, ’n model van Los Angeles wat ’n hele spul aanhangers het wat haar foto’s op Instagram volg waar sy haar fietse lyfie vertoon. Sy is agt maande swanger. Sarah sê haar slanke lyfie is danksy volgehoue oefening tydens haar swangerskap en gesonde etes soos maer hoendervleis, groente en gesonde graansoorte.

Baby is kicking like crazy today #30weeks #7monthspregnant

A photo posted by SARAH STAGE (@sarahstage) on

Kenners is verdeeld oor of dit gesond is of nie. Party beweer die mite dat vroue gewig moet aansit wanneer hulle swanger is, is uit die mode en dat die slanke Sarah net haar lyfie behou het, terwyl ander meen ’n strawwe dieet en oefenplan tydens swangerskap kan die baba en mamma skade aandoen.

Excited for baby shower tomorrow #8monthspregnant r

A photo posted by SARAH STAGE (@sarahstage) on