Hoekom sukkel ons so om kinders kreatiwiteit aan te leer? Dit is juis die belangrikste vaardigheid wat ons in die werkmag nodig het, meen Brent Darnell, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie.

Brent het vroeër vanjaar tydens die tweede Suid-Afrikaanse Internasionale Emosionele Intelligensiekonferensie in Kaapstad dié insigte met ’n groep onderwysers gedeel.

“Op skool is mislukking die F-woord (vir failure). Maar om te misluk is al manier waarop ons gaan leer hoe om dinge beter te maak,” sê hy.

Onderwysers moet maniere vind waarop hulle leerders dié vaardighede kan aanleer:

-          Waarneming.

-          Breek die roetine.

-          Brei kennis uit.

-          Vergelykings.

-          Speel.

-          Maak foute.

Hoe kan onnies dit regkry en nog deur hul lesplan kom? Brent sê die belangrikste beginsel wat onderwysers kan toepas, is die idee van die eerste volgeling.

“Dié beginsel demonstreer dat iemand slegs met ’n nuwe idee suksesvol kan wees sodra hy sy eerste ondersteuner of volgeling gewerf het,” verduidelik Brent.

Kyk gerus dié video waarin die beginsel verduidelik word: