Huis skoonmaak kan nogal ’n moeisame taak wees. Party vlekke wil maar net nie uit nie, ongeag hoe hard jy skrop.

Ons het ’n lys van verrassende (en goedkoop) maniere saamgestel om jou te help om hardnekkige vlekke te verwyder, jou huis skoon te hou en dit vars te laat ruik.

1. Verwyder slegte yskasreuke met koerante

Niks kan jou eetlus so bederf soos ’n slegte reuk in jou yskas nie. Voer jou rakke en groentelaaie uit met koerantpapier; dit absorbeer enige reuke.

2. Gebruik kaneel om jou huis lekker te laat ruik

Kaneel werk nie net in nageregte nie; dit kan ook jou huis aangenaam laat ruik. Gooi ’n paar kaneelstokkies (of gebruik fyn kaneel as jy net dit het) in ’n kastrol met kokende water en laat dit prut. As jy vars kruisementblare kook, sal jy dieselfde resultaat kry.

Lees ook: Oorlewingswenke vir ouers

3. Koeksoda vir ’n skoon oond

Koeksoda en water is ’n goeie skoonmaakkombinasie. Vee bloot die oond af sodat die oppervlak klam is en sprinkel dan ’n dik laag koeksoda daaroor. Laat dit ’n paar uur lank so staan voor jy die vuiligheid wegvee.

4. Ontsmet sponsies in die mikrogolfoond

Plaas die sponsies in ’n houer met water en sit dit sowat ’n minuut lank in die mikrogolfoond.

5. Maak mikrogolf skoon met stoom

Raak ontslae van kosvlekke deur ’n koppie asyn en water sowat 10 minute lank in ’n mikrogolfbestande houer in die mikrogolfoond te sit en vee dan die vlekke weg.

Lees ook: Oorlewingswenke vir enkelouers

6. Skoon stortkop met asyn

Maak plastieksakke vol met asyn om jou stortkop vas om behoorlik van enige vlekke ontslae te raak.

7. Suurlemoensap vir skoon krane en ander vlekvrye staal

Gebruik ’n halwe suurlemoen om jou huishoudelike krane skoon te maak en te laat blink.

8. Gebruik plaknotas of wattestokkies vir ’n skoon toetsbord

Vat die plaknotas of wattestokkies en skuif dit tussen die knoppies deur. So raak jy maklik ontslae van vullis in jou toetsbord.

9. Verwyder troeteldierhare met rubberhandskoene

Vee met klam rubberhandskoene oor jou mat of klere en die hare sal daaraan vaskleef.

10. Skeerroom = skoon spieël

Vryf ’n bietjie skeerroom oor die oppervlak van die spieël en vee dit dan met ’n skoon lap af.

Bronne: lifehacker.com, realsimple.com, momtastic.com, express.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

Hierdie vrae meen kenners kan jou help om jou ware self te vind

Klop só lag-lag jou hoofpyn

Vroue praat liewer met vriende oor sekslewe as met hul lewensmaat

Wat veroorsaak jou nagmerries?