Kleingoed is gewoonlik gek oor waterspeletjies. En wie het nou ’n swembad nodig as jy ’n badkamer het?

Barbie-strandparty

barbie Trek vir Barbie haar bikini aan, gryp haar strandhanddoek (afdroogdoek), sonbrandroom (akwaroom) en miskien selfs ’n seiljag of twee (plastiekbakkies) en sit af strand (bad) toe. Baie Barbies is ook mal daaroor om van hoë duikplanke (krane) af te duik. Wie wil nou heelpad see toe sukkel as die lekkerste strand net in die gang af is?

Bad-akwarium

JULLE HET NODIG

’n beker

blou voedselkleursel

Ziploc-sakkies

plastiekseediertjies

MAAK SO

1 Tap water in ’n beker.

2 Voeg ’n druppel of twee blou voedselkleursel by.

3 Giet die water dan in ’n Ziploc-sakkie. 4 Plaas plastiekseediertjies in die water, maak die sakkie toe en hang dit aan ’n badketting of ander hangertjie in die bad.

Karwassery

Watter kleuterseuntjie is nie gek oor ’n karwassery nie?

1 Vul ’n leë Windolene-sproeibottel of sommer enige drukbare bottel van sagte plastiek met water.

2 Maak al Jannie se speelgoedkarretjies, vragmotors en sommer ruimteskepe ook bymekaar, sit dit in die bad en spuit en poets die spulletjie skoner as wat enige motorhawe dit kan doen.

Kry hier nog heerlike aktiwiteite wat die jongspan sal besig hou, vermaak en belangrike vaardighede sal ontwikkel:

Hou die kinders besig!

Wie deel?

10 speletjies wat slim maak

Werk vir ’n beter wêreld

Maak dit self

Doedoe Poppie

Maklike kunsprojekte

Maak ’n trein uit ’n skoenboks

Maak 'n bliktelefoon

Laat waai in die kombuis

Bak en brou

Kombuis-kaskenades