Kondensmelkverf

Meng 1 k kondensmelk met ’n paar druppels voedselkleursel.

Gesigverf

Meng ½ t mielieblom en 1 t dik velroom tot dit goed gemeng is. Voeg ½ t water by en meng. Voeg voedselkleursel by – ’n druppel op ’n slag tot jy die kleur kry wat jy verlang.

Vingerverf

Meng 3 t suiker en ½ k mielieblom oor lae hitte. Voeg 2 k koue water by en hou aan roer tot die mengsel dik is. Verwyder van die hitte. Deel die mengsel in vier of vyf dele en skep dit in die holtes van ’n muffinpan. Voeg 1 of 2 druppels voedselkleursel by elkeen asook ’n druppel skottelgoedwasmiddel. Kies ’n ander kleur vir elke holtetjie. Roer en laat afkoel. Bêre in lugdigte houers.

Gekleurde speelklei

FOTO VAN SPEELDEEGHOENDER

Meng 1 k water, 1 e groenteolie, ½ k sout, 1 e kremetart en voedselkleursel in ’n kastrol en verhit tot warm. Verwyder van die hitte en voeg 1 k meel by. Danksy die kremetart kan dié klei tot ses maande klank hou. Bêre in ’n lugdigte houer of ’n toerits-plastieksakkie, maar nie in die yskas nie.

Pottebakkersklei

Meng 4 k meel, 1 k sout, 1 t aluinpoeier (vra by die apteek), 1½ k water en voedselkleursel (opsioneel) in ’n groot bak. As die klei te droog is, kan jy nog

1 e water met jou hande bywerk. As jy gekleurde klei wil hê, kan jy die klei in balletjies verdeel en ’n druppel of twee voedselkleursel by elkeen inknie. Nou kan jy dit vorm soos jy lus het – met jou hande of met koekiedrukkers. Laat dit oornag droog word of maak dit in die oond droog. Verf dit die volgende dag met akrielverf.

Tuisgemaakte blinkertjies

Voeg 5-6 druppels voedselkleursel by ½ k sout. Kook 1-2 minute in die mikrogolf, gooi uit oor waspapier en laat droog word. Hou in ’n lugdigte houer.

Bron: Huisgenoot-Speel