Dit volg nadat Heather Hironimus (31) in Februarie vanjaar met haar vierjarige seun op die vlug geslaan het om te keer dat hy besny word. Die seun se pa, Dennis Nebus, het die hof genader om haar te dwing om voort te gaan met die prosedure, maar Heather was so hewig daarteen gekant dat sy die hofbevel verontagsaam en die pad gevat het.
Sy en haar seun is onlangs deur die owerhede opgespoor en sy is tans in aanhouding hangende ’n volgende hofsaak.

Sy en haar seun is onlangs deur die owerhede opgespoor en sy is tans in aanhouding hangende ’n volgende hofsaak.

Heather en Dennis deel toesig oor hul seun, maar kom glad nie oor die weg nie. Hoewel sy aanvanklik ingestem het dat die kind besny kan word, sê sy nou sy “vrees” vir sy lewe sou dit gedoen word; daarom het sy haar na die hof gewend om te keer dat Dennis hul seun laat besny.

Dennis dring aan op die prosedure nadat hy agtergekom het wanneer hul seun urineer, loop dit teen sy been af. Hy gee wel toe die prosedure is nie dringend nie.

Uitspraak word tans voorbehou en dit is ook onduidelik wie op die oomblik na die seun omsien.

Bronne: Daily Mail; Gawker; Huffington Post