AS ’N ouer is niks vir my belangriker as die veiligheid en beskerming van my dogtertjies nie.

En ja, ek en my vrou het albei ’n “baby on board”-plakker agterop ons motors se agterste venster. Maar ek is verbyster deur die nuutste vensterversier-gier – die stokgesin.

Stokgesin

Jy kan by hierdie plakker aanlas of wegneem na aanleiding van hoeveel mense (en diere) daar in jou gesin is. Dis dus nie ’n generiese plakker nie, maar ’n uiteensetting van wie almal in jou huis woon.

Ek is nie ’n misdadiger nie, maar ek probeer my altyd in misdadigers se skoene stel sodat ek hulle  kan uitoorlê. Jy is ’n trotse ma of pa, maar besef jy dat jy met hierdie plakkers aan ’n boef adverteer presies hoe jou gesin daar uitsien? Jy gee die misdadiger  onmiddellike inligting om hom te help uitwerk hoe ’n kwesbare teiken jy is, selfs tot en met die honde wat hy sal moet oorweldig wanneer hy jou eiendom binnekom.

Baie mense het selfs verpersoonlikte baba-aan-boord-tekens. Ek wéét jy is ’n trotse ouer, maar aan die motorkaper of ontvoerder verklap jy onmiddellik die naam van jou kind. As hy jou kind op  haar naam noem, het hy haar vertroue al halfpad gewen.

babysign

As jy hierdie verpersoonlikte plakkers op jou motor het sal niks waarskynlik ooit gebeur nie . . . maar selfs al is daar net ’n piepklein kans dat jy dinge vir ’n misdadiger makliker kan maak – wil jy dit regtig waag?

Net ’n gedagte.

- Mark Pilgrim

Mark Pilgrim  Mark Pilgrim is ’n vryskutradio- en TV-aanbieder en is ’n omroeper op 94.7 Highveld Stereo en 94.5 Kfm. Volg hom by @MarkPilgrimZA. ww.markpilgrim.co.za

Lees sy vorige Huisgenoot-blogs by:

Ek vier Nasionale Dag vir Kankeroorlewendes

11 topwenke vir nuwe ouers

Hier kom die manne in swart

Mark Pilgrim: Sjoe, maar die tyd vlieg!

Mark Pilgrim blog vir ons