Sy het die tiener in ’n ope brief op Facebook aangesê om sy deel van die huurgeld en die rekenings te betaal -- as hy hom dan nou wil groot hou.

“ ’n Wrede ontnugtering wag vandag op die kind ná die woorde wat hy gisteraand teenoor my kwytgeraak het,” het sy geskryf.

“Hy gaan nie alleen hierdie brief op sy vloer kry nie, maar ook die beddegoed van sy matras afgetrek en ek gaan die klere en speelgoed wat ek vir hom gekoop het, konfiskeer.”

Haar seun, Aaron, was glo nie beïndruk toe hy die brief sien nie. Hy het dit opgefrommel voor hy “by die woonstel uitgestorm het”.

“Hy was briesend toe hy tuiskom. Hy het besluit om ’n ‘sitbetoging’ in my kamer te hou, waartydens hy my uitgelag en herhaal het: ‘Werklik? Wat gaan jy doen? Jy kan nie my goed vat nie’, ensovoorts. Ek het hom gevra om my kamer te verlaat en, wanneer hy geleer het om respek te betoon en ek kalmer voel, kon ons die saak verder bespreek.”

Heidi, wat nie bekend wou maak waar in Amerika sy woon nie, se benadering van onversetlike liefde was nie vergeefs nie. Ongeveer ’n uur ná sy uitbarsting het die tiener verskoning gevra en ook gevra wat hy kan doen om dinge weer reg te stel.

“Hy het selfs elektroniese ware en artikels wat ek oorgeslaan het, teruggebring, aangesien hy gevoel het hy moet dit eers nog ’n keer verdien om te betaal vir sy gedrag.”

Sommige ouers het Heidi se benadering gesteun, maar ander was glad nie beïndruk nie.

“(Jy) maak jou kind beskaamd deur iets te doen wat hom die res van sy lewe gaan bybly,” het Kevin Weinberg geskryf.

“Jy is ’n verskriklike ma en jou kind behoort met geweld uit jou huis weggeneem te word.”

Heidi het ’n antwoord vir diegene wat haar veroordeel.

“Ek voel soms effens hartseer omdat ma’s so vinnig ’n oordeel vel oor ’n ander ma, (maar) ek kan nie toelaat dat die negatiewe kommentaar van ander mense my seermaak nie en ek kan dit ook nie alte persoonlik opneem nie,” het sy aan Today.com gesê.

“Ek moet bloot glo iets goeds kan spruit uit my fout om die brief openbaar te maak.”

Bronne: today.com, metro.co.uk