Die ma van Minnesota in die VSA het besluit om ’n beroep op haar Facebook-vriende te doen om die partytjie by te woon. Minstens 500 mense het Saterdag Mackenzie se verjaarsdag kom vier. Vrywilligers het musiek, kos en eetgoed vir die geleentheid geskenk. Boonop het die burgemeester van hul dorpie, Shakopee, die dag as ‘Mackenzie Moretter Dag’ verklaar.

'Ek was so hartseer toe ek hoor dat niemand gaan kom nie.'

Tydens Mackenzie se partytjie is daar selfs geld ingesamel vir SimonSaysGive en Icing Smiles, twee organisasies wat verjaarsdaggeskenke, -partytjies en -koeke aan kinders met ernstige siektes skenk.

Mackenzie lei aan Sotos-sindroom, ’n siekte wat veroorsaak dat kinders vinniger as normaalweg groei en dat hul sosiale en intellektuele vaardighede stadiger ontwikkel.

Sy was bitter dankbaar vir elkeen wat opgedaag het.

“Ek was so hartseer toe ek hoor dat niemand gaan kom nie,” het sy gesê. “Ek sukkel om vriende by die skool te maak, maar danksy elkeen wat opgedaag het, is my stem ook gehoor. Ek is baie lief vir julle almal.”

Kyk hier na haar partytjie:

Bronne: nbcnews.com, usatoday.com, dailymail.co.uk